5.4.08

Verwante stem.


Ek kuier vanaand weer in Pretoria, die mense lyk goed ,
en ons is vol moed, om te droom ja.

Maar daar is iets wat pla, in die lug ja,
en ek weet nie wa, om te vra, wat gaan aan nie.

Het die boere verniet baklei? Het die swartes verniet gelei?
Het F.W de Klerk, sy hare verniet verloor?

Moes ons eerder in Holland bly? Saam die kaaskoppe, wat dink jy?
Ons is nou hier, en dit is ok.

Ek hoor mense se', ons het verloor ja,
maar ek stem nie saam nie, ons is nog in Pretoria.

Ek dink terug aan helde, soos Fanie en Danie,
Pretoria bly Pretoria, ons is nie Tswhane.

Die boere het nie verniet baklie, die swartes het verniet gelei,
en F.W de Klerk, ek weet nie waar't hy sy hare gekry.

En ons moes nie in Holland bly, die kaaskoppe stink, wat dink jy?
ons is nou hier, en dit is ok,
ja ons is nou hier, en dit is ok.

Labels: